Om te luister…12/09/2017

Ek  le in die hospitaalbed en luister na al die geluide wat ek kan hoor. Soms is daar ure in die nag wat doodstil is. Sommige, of die meeste, is egter vol rumoer. Dit is mense wat om hulp roep. Waentjies vol medisyne wat in die gange rondgestoot word. Waentjies met sulke groot meters en pypies staan die gange vol. Erens snork iemand tenspyte van al die rumoer.

Ek dink aan Mark. 6:47-50…Jesus staan op die kant van die meer en sien kilometers ver hoe die dissipels sukkel in die storm. Dan loop Jesus op die see EN WOU BY HULLE VERBYGAAN, maar hulle sien Hom en dink Hy is ‘n spook. Dan wonder ek hoekom wou Jesus by hulle verby loop as Hy sien hulle sukkel.

My vrou gee my goeie raad hier in die hospitaal. Luister na die sukses verhale, ignoreer die mislukkings, want die duiwel sal vir jou almal bring wat misluk het. Die mislukkings is mos wat die duiwel wil he ons moet hoor. Die mense vertel net van hoe het hulle ook siek geword en alles verloor, ens..ens.

My Buurvrou se ek moet luister as God praat. Ek se ek hoor niks. Hierdie hospitaalsaal is vir my die speelplek van die duiwel. Ek sukkel om te luister. Ek weet nie waarna om te luister nie. Ek het my vrou gevra om my gunsteling rooi kombers vir my te bring. Ek skuifel my kop lekker in my kombers in en probeer luister.

Doef..doef…klink my hart in my oor. Die lewe.

18 Comments Add yours

  1. Danie my pulminale infarksie (stukkie van long wat doodgaan wat voel soos hartaanval) is ‘n “sukses”verhaal. Maar dit sou tragies gewees het as ek net gesond geword het. Wanneer jy daardie rooi kombers om jou vou weet dat Christus se bloed vir jou gevloei het. Weet dat Hy ons na liggaam en siel wil genees. Gaan vanaand die skrifgedeelte lees dit nog nooit raakgelees nie (van die verbygaan) maar hy het nie by ons verbygegaan nie Hy het vir Danie gesterf en opgestaan.

    Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte; aan Hom behoort ek vir ewig. Psalm 73:26

    Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.
    Rom 8: 21

    Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. Rom 8: 38 en 39

    Liked by 5 people

    1. Danie Jonker says:

      Abrie, die skrif is in Mark 6. Ek het ge-update

      Liked by 1 person

  2. lekkervurig says:

    Danie, hoe lieflik dat jy lewe hoor. Dis God wat so praat.

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Dankie Abrie, die rooi kombers het nou ‘n ander betekenis in my lewe.

      Like

  3. travel460 says:

    Daan. Dink aan jou; bid vir jou. Jy is só kind van God. Dit is genoeg

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Dankie Una, Dankie vir die bemoedigende woorde.

      Like

  4. Sterkte… hoop jy is gou beter

    Like

  5. Danie Jonker says:

    Dankie Rondomtaliedraai

    Like

  6. woestynkind says:

    Daar is min plekke wat besiger en tog eensamer as ‘n hospitaal is. My ma het laas gevra ek moet haar uithaal asb. Die hospitaal praat in die nag met haar en die susters glo haar nie. My hart was sommer stukkend vir my gelowige ma wat eensklaps ‘n bang ou mensie geword het. Maar uit daardie bed het sy ook opgestaan en uitgestap. Dalk bietjie maerder maar nogtans. Sterkte vir jou

    Like

  7. Danie Jonker says:

    Dankie Woestynkind, hospitale is nie n mens se maat nie.Leef jou ma nog?”

    Like

  8. Soms gebeur die lewe en jy loop verby jou stil-word kamer. Later gaan die deur toe en hoor jy nie meer die stilte nie. Dis dan wanneer God se stem vir jou net ‘n amper vergete herrinnering raak. En dan wonder mens hoekom hoor ek Hom wat my ABBA Vader is nie meer nie.
    En net soms vergeet mens om Hom te gaan soek in die stilte van jou siel. Want jou fokus is op die nou-omstandighede wat in jou lewe aan gaan

    En dan gebeur dit wat jou vas vang in ‘n hospitaal bed of isolasie kamer om jou dink tot stilte te roep en jou terug te bring na jou stil-word kamer… en eers as jy die deur weer oop gemaak het, in gegaan het en alles in jou wese stil raak…dan eers hoor jy SY stem.

    Soms moet ons tot stilstand geruk word deur onwelkome gebeurtenisse sodat ons weer kan leer wat dit is om voor Hom stil te raak en soos Samuel te sê…”Praat Here ek luister.

    Jy het ons groot laat skrik maar ons is dankbaar dat jy gespaar is om weer die son te sien op kom… om jou hartklop wat vir soveel jare ,aar net daar was weer te kan hoor.

    Raak stil Buurman. Maak oop daai deur en gaan luister hoekom jou God jou tot stilstand geroep het…niks gebeur nie net sommer nie.

    Liked by 1 person

  9. Danie Jonker says:

    Dankie Buurvrou. Het iets by jou geleer deur hoe om stil te word.

    Like

  10. Toortsie says:

    Danie, baie sterkte. Dankie dat jy dit met ons deel. Weet dat jy veilig is in God se hand. Jy hou aan die regte een vas.

    Liked by 1 person

  11. ekmyselff says:

    More Danie, ek kan nie comment op jou nuutse blog nie.
    wou net se:
    God is n God van liefde Hy doen nooit iets om ons te straf nie en Hy is ook nooit te besig vir ons en ons (klein) probleme nie.

    Hoop jy voel vining weer beter.

    Like

  12. Danie Jonker says:

    Dankie ekmyselff, jong daar moet seker maar n tegniese fout wees, kan nie verstaan hoekom daar nie n comment is nie. Dankie vir die antwoord, ek sukkel bietjie die een om die regte antwoord te kry. God moet n rede hê hoekom Hy dit toegelaat het. God het nie die hartaanval gegee nie, daarvan is ek seker. Mens moet ook maar versigtig antwoord.

    Like

  13. trommeltjies says:

    Soms laat God toe dat ons tot stilstamd geruk word. Soms net om weer te leer om stil te word sodat ons kan hoor as Hy in die stilte influister in ons hart.
    Hy is by jou, in jou en om jou.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s