Is ek deel van Statistieke?…13/09/2017

Ek sit lekker in die sonnetjie en kyk na die wilgerboom op ons plot. Die boom vertel nou duidelik vir ons die somer is hier. Vol groen blare. Elke jaar wys hierdie boom vir my die seisoene van hierdie planeet.  En ek sit en wonder oor hierdie hartaanval? Kom dit van satan of is dit ‘n plan van God om iets te se. As ek n die algemene inligting luister van die Bybel, kom satan net om te roof en te steel. So die logiese afleiding wat ek maak, is dat die duiwel my gesondheid wou kom steel het.

Hierdie hartseisoen het my gedagtes nogal aan die gang gesit. Dinge wat ek voorheen baie ligtelik oort gepraat het, het ewe skielik ‘n dieper betekenis. Die son sal verseker more opkom, dit is egter nie ‘n feit dat ek dit sal ervaar nie. Veral die eerste  oggend (Donderdag oggend) kon ek nie wag vir die son om op te kom nie. Ek het by die hospitaal venster uitgekyk hoe die oggendlig die donker nag verbreek en ek het aanhou kyk, tot ek die eertste sonstrale gesien het. En toe het het ek God geloof.

Ek is die priester in my huis. Soms moet my vrou my help met al my negatiewe gedagtes. Moet sy my help om my gedagtes te hergroepeer en in ‘n nuwe rigting stuur. In Johannes 16;33 staan alles ivm “trails and tribulations” Was hierdie hartaanval nou deel van dit? Ek glo nie?

Daar vind elke maand duisende hartaanvalle net in Suid Afrika plaas. Na die hoeveel wat elke dag oor die wereld plaasvind, is daar dus nie eintlik iets wat myne besonders maak en dat God daardeur vir my iets wil se nie. Regtig? Hartaanvalle is algemeen, vind elke dag plaas, hoekom sal myne nou spesiaal wees? Wat egter  ‘n feit is, God het geweet presies wanneer dit gaan gebeur.

Ek weet nie, maar miskien moet ek tog vir God vra. Hoekom nie, Hy is dan God die Vader en ek Sy prins, ek is dan deel van sy koninkryk. Sal dit voorbarig wees? Ek glo nie. Het dit sommer gebeur omdat ek deel van hierdie wereld bevolking en hierdie wereld vasgevang is in die greep van sonde? Ek praat eendag met iemand oor die aandag wat God aan ons as mense gee, waarop die persoon antwoord. “Jy moet onthou God is baie besig om hierdie heelal instand te hou en kan nie aandag aan ons klein probleempies gee nie.” Ek het maar net in verbasing na Hom gestaar. Miskien is ek net dom, ek weet nie.

Ek gaan bietjie in my “isolasiekamer” (my Buurvrou se woorde) instap en kyk en luister. Ek gaan my rooikombers saamvat.