Die Rooikombers…28/09/2017

Ek het my rooi kombers gevat en probeer om hierdie hartaanval met God te bespreek en te kyk of ek iets verstaan. Maar ek sal dit maar los. Soms wens ek dat ek soos ander mense kan wees wat se hulle het met God gaan sit en dit uitgepraat. Ek het probeer, maar ek lees en lees my Bybel…..en sien niks!

Ek het gebid ook. Iets wat ek erens raakgelees het, is dat die bekeerde mens moet werk vir sy daaglikse behoeftes.

Dit bring my by werk. Ek dink nie werk is ‘n las nie. Werk kan soms lekker wees, bring bevrediging en aanvaarding. Die stress wat saam met die werk gaan, is die probleem, veral as daar sperdatums is en die werk op ‘n kontrak basis gedoen word.

Ek moet dit maar erken, ek was vrek bang om terug te werk  gaan toe. Ek moes teruggaan na die plek toe wat my siek gemaak het!! (Dit is soos ek dit verstaan) Ek is nog steeds nie baie tevrede daarmee nie. Baie mense sal ‘n ander siening he oor hierdie saak, maar dis ok. Ek kan net nie stress hanteer soos ander mense nie lyk dit vir my. En ek is nie van plan om nog ‘n hartaanval te kry nie.

Wel, more is Vrydag, dan is my eerste week verby. Ek is nie seker of ek verder aan hierdie ding moet dink, of net my lewe vat en moet aangaan nie. Daar is baie om voor dankbaar te wees. Baie mense is dood daaraan en ek loop rond. Ek sien deesdae die son as hy opkom en die mooi skildery  wat hy maak as hy ondergaan. Ek sien die straal water wat in die plotdam inloop. Dat al hierdie dinge deur God die Vader geskep is, sien ek.

Dan wag ek vir more, as ek een kry, en staan op as die wekker lui en gaan werk toe, want ek weet wat anders om te doen nie.

4 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    Ek het jou skrywe vir Bertus gelees. Jou laaste woorde, sê hy, is so reg. Ons weet niks, so ons staan op en gaan voort. Met die innerlike wete dat God alleen ons toekoms ken. Danie, jy sien reeds die fynere van die lewe raak. Jy ‘kyk’ reg. God ken jou. Hy ken jou hart. Vat Sy hand vas, in jou gees. Waarheen Hy jou dan lei, dit is reg. Gee net tree vir tree vorentoe.

    Liked by 2 people

    1. Hi Danie. Dit mag dalk soos ‘n cliche klink maar nou sien ons in ‘n dowwe spieel en sien ‘n raaiselagtige beeld. En daardie hoofstuk gaan oor die liefde! Jy jet jou hart oorleef. Gaan lees asb my pst oor die skip en eiland wat nou klaar is en ek het nie na hierdie skrywe gekyk voordat ek dit geskryf het nie. Miskien se dit iets vir jou. En onthou Christus het jou met Sy bloed in die rooi kombers van Sy liefde toegevou. Una het die skrywe (veral die 2de helfte wat nog nie geskryf was toe jy dit gelees het nie inspireer. https://abriejoubert.wordpress.com/2017/09/28/eiland/

      Like

  2. Danie Jonker says:

    Dankie en waardeer.

    Like

  3. dromer777 says:

    Jy leef nie meer net nie jy beleef elke kosbare oomblik! Hoe wonderlik!

    Like

Leave a comment