Vrydagaand..06 Okt 2017

Vandag is Vrydag, my 2de week van werk is verby. Ek lees van julle blogs en besef ek sukkel om te skryf. Die goeie nuus is dat ek die boek, wat ek geskryf het, ingegee het in Kaapstad. Ek het dit ingeskryf vir Sanlam se roman kompetisie. My beste vriendin, ek noem haar Buurvrou, het dit vir my gaan aflewer aangesien sy in Kaapstad bly. Julle moet eintlik op haar blog gaan kyk na die fotos wat sy geneem het, toe die boek ‘n paar dae in haar besit was. My senuwees het dit amper nie gemaak nie. Baie dae wou ek moed opgee, dan het sy en my vrou, my weer moed ingepraat, en dan het ek weer aangegaan met die skryfwerk, maande lank.

Dan lees ek al julle goed en waarmee julle besig is. Die een was op vakansie en die ander sit in ‘n winkel vol kleure. Ander is weer op ‘n jaarlank vakansie om die wereld en Abrie ry seker fiets erens. Lekker!

Nou sit ek en skryf op my tablet wat bietjie groter is as my foon. Vandat die diewe my laptop gesteel het, staan my 3 screens ook nou sonder input. Dit is omtrent ‘n aanpassing, van die 3 screen na ‘n tablet. As een van julle dalk laptops het wat julle van ontslae wil raak, laat my weet. (Grappie) Ek sal maar my bankbestuurder een van die dae moet gaan sien.

Miskien kan julle my help asseblief. Ek kry mense wat my ‘follow’, maar as ek op hulle profiel ingaan, kry ek nie ‘n knoppie om hulle te ‘follow’ nie. Weet nie eintlik wat om te maak nie.

More gaan ek vir klas!! Ek stel al jare belang in die profetiese bediening, maar het nog nooit regtig kans gekry om dit by te woon nie. More gaan ek vir skilderklasse in die bediening. Ek sien nogal uit daarna. Sal vir julle fotos opsit van hoe dit gaan. Ek is nie regtig kunstig nie, so, ons sal maar sien.

Geniet die naweek.

 

 

 

 

7 Comments Add yours

  1. lekkervurig says:

    Gaan leef jou uit. Gooi daai rooi kombers soos Superman oor jou skouers en vlieg met vertroue.🤗🤗😇😇

    Liked by 1 person

  2. Danie Jonker says:

    dankie!! Gaan so maak hierdie naweek.

    Like

  3. travel460 says:

    Skryf net, Danie. Hier op jou blog. Ons mis jou, man. Geniet jou kurses! Ons wag om te hoor.

    Like

  4. Danie Jonker says:

    Ek sal julle vertel. ek is nogal opgewonde. Ek het nog altyd van skilder gehou.

    Like

  5. Jou crazy Buurvrou stem saam met lekkervurig. Gooi daai rooi kombers om jou skouers en skilder die Here se genade oor jou dink en jou lewe.
    Skryf sal kom. Myne is soek. Ek weet nie waar hy heen geloop het nie.

    Like

  6. Danie Jonker says:

    Dankie Buurvrou. Jou skryf sal kom, moenie bekommer nie. Miskien het jou skryf saam met daai rooikop in jou storie weggeloop. Sal die klas se goed vir jou wys hier op die blog.

    Like

  7. dromer777 says:

    Hi Danie jy moet met Skerpioentrapper kontak maak. Of dalk het jy. Sy doen profetiese skilderwerk https://www.facebook.com/skerpioentrapper/
    Sien uit na jou fotos van jou skilderye

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s