Die Profetiese Skilderklas…08.10.2017

Ons, ek en my vrou, het Saterdagoggend vroeg en opgewonde  opgestaan. Ons gaan profetiese skilderklas bywoon. Ons was nie seker of ons opgewonde of skrikkerig moet wees nie. Ons het op eersgenoemde besluit.

WP_20171007_10_31_15_Pro

Ons het met ‘n groot afwagting die klas binnegeloop. Daar was al ‘n paar ‘studente’ en ons het onsself voorgestel aan die ‘studente’ en ‘n sitplek gesoek. Daar was darem ‘n paar bekende gesigte. Die man langs my het so ‘n doek oopgerol en die kwaste in netjiese rye uitgestal. Grootoog het ek daarna gekyk en gewonder waarin het ek myself begewe. Sulke netjiese kwaste het ek nog nooit gesien nie. Ek ken net van kwaste skoonmaak as ek ‘n kamermuur klaar geverf het.

Maar ons is nie bang nie en sit met glimlaggende gesigte. Ons bang en skrikkerig wees…never. Die klas begin en pen orent sit ons en luister. O, gats, ek sukkel om te hoor en kom agter ek met die oggend se bewerasie nooit my gehoorstuk ingesit nie. Met die eerste teepouse is ek in my kar en gou huistoe. Dit is darem gelukkig nie ver nie. Hoe gaan ek leer om te skilder as ek nie kan hoor wat sy se nie. Gou is ek terug en luister, nou die ene ore, ek kan nou hoor wat sy se.

Die kryte word voorsien en nou moet ons luister wat die Heilige Gees in ons gedagtes fluister om te teken. Ek loer na die man langs my met die klomp kwaste. Toe oe sit hy en konsentreer. Ek maak my oe ook toe. Maar wonderbaarlik het ek ook ‘n prentjie.

WP_20171007_13_15_55_ProWP_20171007_13_15_48_Pro

Tam, die vrou wat die klas aanbied, stel voor ons begin met ‘n negatiewe gedagte en werk na die positiewe. Met bewende hande teken ek ‘n depresiewe tonnel, wat ons as mense insluk. My volgende werkstuk word met akrielverf gedoen. Die onderste deel is die hel waarin depressie jou vat en insmokkel. Dan kom daar ‘n skeidinglyn en die groen gras van Ps. 23 werk deur na die blou van die hemel en die wit soos wol aan die bokant van die skildery….

Tam gee my skildery ‘n naam..’A New Day’…pragtig hoe die Here werk ne? Ons dien ‘n groot en Almagtige God.

13 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    Dit klink wonderlik, Danie.

    Liked by 1 person

    1. Danie Jonker says:

      Dankie Una, was nogal lekker.

      Like

  2. lekkervurig says:

    Na waters waar rus is. Ons dien ‘n liefdevolle Vader. Dankie dat jy julle ervaring deel.

    Liked by 1 person

    1. Danie Jonker says:

      Sal nog deel, sal kyk hoe loop die klasse. Weet nie of daar nog is nie.

      Like

  3. dromer777 says:

    Wow wonderlik. Hou asb aan deel.

    Liked by 1 person

  4. In aggenome jou onlangse belewenis moes dit inderdaad spesiaal gewees het

    Liked by 1 person

    1. Danie Jonker says:

      Abrie, dit is kalmerend na so ‘n gebeurtenis.

      Liked by 1 person

  5. Wow Buurman. Ek sê jou mos toe gaan voeter ek van die stoel af toe ek hierdie blog lees. Ek het in my dag des lewe nie geweet jy kan skilder nie. Maar ek moet sê dis baie interresant. Ek het al baie gewonder oor hierdie profetiese skilders. Deel asb soos jy die pad loop sodat ek ook kan verstaan.

    Like

  6. Danie Jonker says:

    Dankie Buurvrou, ek sal sien hoe werk die klasse en jou op hoogte hou. Ek sal nou se ek kan skilder nie, maar ek kan conveyors teken.Die profetiese bediening het my nog altyd intereseer. Sal kyk hoe loop dit en jou laat weet. Dankie vir jou comment. Moet nou nie weer van die stoel afvoeter nie. Ek kan nie nog jou doktersrekening betaal nie.

    Like

  7. ekmyselff says:

    Sjoe dit is nou wraggies besonders. Kom deel asb weer.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s