Egskeiding of nie…15/10/2017

Ek lees hierdie week in Matt.10 hoe die mense en die Fariseërs vir Jesus wou vas vra oor die huwelik. Hoe Jesus hulle antwoord en toe het ons gemeente ook ‘n huweliksverykkings naweek gehad. Ek en my vrou het besluit om na 41 jaar van getroud wees ons sal dit maar nie bywoon nie. Ons het wel vanoggend se diens bygewoon en sommer saam met ander mense ook weer ons beloftes aan mekaar voorgesê. Nogal snaaks gevoel om dit weer te doen. Ek sal nie my vrou verruil vir iemand anders nie. Hoe se die spreekwoord…tot die dood ons skei.

Ek lees ook die verhaal van die ryk jong man wat vra wat moet hy doen om die ewige lewe te verkry. Die antwoord van Jesus was om alles te verkoop wat hy het en dit onder die armes te verdeel. En dan stap nommer 2 om terug te kom en Jesus te volg. So hy moes erens heen gaan en weer terug kom. Dan trek ek al die verklarende bybels nader om te kyk wat nou regtig bedoel word. Moet ek regtig al my goed verkoop? Sommige predikers vertel ons om die bybel letterlik op te neem en ander noem dat die eintlik so en so bedoel word. Dan sien ek, ek moet die Heilige Gees vertrou om my te vertel wat om die gedeelte te doen. Net so entjie lees ek van die dissipels wat veg om langs Jesus te sit in die Koningkryk, want hulle het klaar alles verkoop en laat staan om Jesus te volg. KLAAR ALLES VERKOOP.

‘n Interesante vers is vers 42….oor die sogenaamde regeerders. wat baasspeel en hulle mag misbruik, presies soos dit gaan vandag.

In Matt. 11 lees ons van die Jesus wat op die donkie ry. Om op die donkie te ry, wat nog nooit voorheen gery is nie, is ook al baie geskryf. Interesante leesstof as mens daarop ingaan.

Dan kom ons by die vyeboom en Jesus wat die vyeboom vervloek as dit nie vye tyd is nie. Dink julle nie dis onregverdig nie?

Moeilik antwoord hierdie…. Jesus se ons moet vrugte dra as ons in God se koninkryk is, enige tyd, want in God se koninkryk is ons nie aan tyd gebonde nie. As ons op aarde rondloop en tydgebonde is om vrugte te dra, dis nou geestelike vrugte, is ons nog nie in God se koninkryk nie. Ons is dan nog nie in die Allerheiligste van die Tabernakel nie. Nog net in die voorhof en binne hof. Baie christene kom nooit verder as die voorhof of binne hof nie en kan dus nooit in oorwinning leef nie. Hulle weet nie wat beteken die woorde …the joy of the Lord is my strength…nie. Hulle kan ook nie volgens God se wil bid nie. Ons kan seker lekker praat oor hierdie laaste een. As ons christene raakloop wat op ons pad kom, en hulle verstaan nie hierdie dinge nie, moet ons hulle reghelp. Hulle sit gewoonlik langs ons in die kerk.

Sien, the churh is not a place that you go to, it is a family you belong to…(so bietjie woorde by ons kerk geleen)

Seen vir julle.

Danie

9 Comments Add yours

  1. Toortsie says:

    Dis die mooiste verklaring wat ek nog oor die vyeboom gelees het en ja, ek en my op manlief gaan ook eerder maar probeer vasbyt en ons beste doen tot die dood ons skei .
    Weet jy wat is vir my regtig hartseer en ek het dit al ‘n paar keer tesien: Die een wil regtig graag aanhou en probeer en regmaak wat verkeerd is, maar nie die ander een nie , wat ook al die rede.
    Dankie vit ‘n mooi bloginskrywing.

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Dankie, ja ek het dit ook al gesien. Het in my seun se huwelik gebeur. Hy het alles gedoen om die huwelik te red, maar sy wou nie.

      Liked by 1 person

  2. travel460 says:

    Mooi geskryf, Danie. Dit is inderdaad ñ baie goeie verklaring oor die vyeboom.

    Like

  3. En as dit ‘n Adamsvy was is is dit seker nog meer van toepassing op ons manne 🙂 maar nee dit sal wees op ons as kinders van die Here

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Abrie, ons moet maar die vye uitlos. Ons het ‘n pragtige diens gehad oor die huwelik. Ons het ons gate uitgeniet en lekker gelag.

      Liked by 1 person

  4. Buurman,,, toe julle getroud is was my Ma ver swanger met my. Dis ‘n geseende leeftyd saam. En soos my dierbare Moeder se wat nou 50 jaar getroud is.. sy het nog nooit in hierdie 50 jaar probeer om my Pa te vermoor nie maar baie daaroor gedink 🙂 Ek dink so het ons almal maar ons lag oomblikke in ons huwelike . en ook ons huil oomblikke. Maar om vir 41 jaar of 50 jaar getroud te wees is absoluut genade van Bo. En dis waar as mens nie jou huwelikshuis se fondasie op die Here bou nie sou mens ook deel van die statistieke kon wees.
    Ek en manlief is nou presies die helfte solank getroud soos julle. En ja die koekroller hou hom nog gehoorsaam.:-)
    Maar ek kan jou een ding se. As mens nie die vrugte van die Gees in jou huis kan beoefen teenoor die mense wat die naaste aan jou is nie gaan jy maar bitter moeilik dit daar buite kan doen. Dus se ek altyd. Die vrugte van die Gees moet eers duidelik teenwoordig wees in jou huis houding voor dit kan oorspoel na buite. Maar soms laat mense toe dat struwelinge en klein jakkalsies in die huis in kom en die wingerd op vreet en sit jy met ‘n klomp vrot vrugte of self ‘n vye boom sonder vrugte.

    Ek dink gaan raak eers ontslae van die jakkalse in jou lewe en kry jou wingerd aan die gang. binne jou vier mure van jou huis. Kry jou hart reg, en dan wanneer dit in plek is sal dit automaties oor spoel na die wereld daar buite.

    Like

  5. Danie Jonker says:

    Dankie Buurvrou. Ek blaai so deur die post en kom hiet op jou skrywe af. Jip, in ons huwelike moet ons eintlik nie mure om ons harte bou nie, maar soms weet ek nie wat anders nie. Eina is soms eina. Gelukkig is die vreugdes oomblikke baie meer.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s