Om kaal te nael…21/10/2017

Dit is sterk skemer toe die bende in die groot tuin van die dorp bymekaarkom. Die straatligte is maar flou hier in die park en die polisie is op hulle spoor. Die leier doen alles in sy vermoe om die klomp bymekaar en kalm te hou. Hy waarsku hulle dat die polisie hom in hegtenis wil neem. Die manne is bang, elkeen wil sy eie koers in hardloop.
“Moenie bekommerd wees nie,” se die leier. “Ek sal ‘n plan maak, ek sal julle oor ‘n paar dae ontmoet in hierdie voorstad.”
“Bly by mekaar tot ek julle weer sien,” se hy ernstig en kyk na sy manne.
Die oomblik toe die polisie arriveer, besluit die lede, “tot hier en nie verder nie en maak ‘n kraak.” Die polisie sien net bene en stofwolke soos die manne ‘n lyn sny. Die een bendelid het nog sy wapen uitgehaal, maar besluit om dit eerder te bere. Die oormag is te groot.
Die leier besluit om te staan. Hy het immers lankal besluit om nie te vlug nie. Een van die bende, ‘n jong man, bly staan saam met hom en almal sien hy het net sy ponjo aan.
Die polisie sit die boeie aan die leier se polse toe hy sy hande uithou. Toe hulle egter die jong bendelid aan die arm vat, ruk die hom los en met die skeer sy ponjo van sy lyf af en staan hy nakend. Die skok is so groot vir die jongman dat hy ‘n kraak maak en in die donkerte weghardloop. Poedelnakend.
Die dissipel wat die laaste van Jesus af weggevlug het in die tuin van Getsemane, se naam word nie eens genoem in die Bybel nie, en hy het geen klere aangehad nie. Dit is ook die jongman wat in Jesus se graf was en aan die vrouens vertel waar Jesus oppad heen was. Die verskil in kleredrag is belangrik in hierdie verhaal, waarop ek nie nou sal ingaan nie. Snaaks die 11 disipels het nie geluister toe Jesus hulle vertel het, waar om hom weer te ontmoet nie. Let ook op waar sit hierdie jongman, wat alweer geen naam het nie. Hy sit aan die
regterkant van Jesus se linnekleed. Hy het meer van Jesus geweet as die dissipels.
Ons word almal opgeroep om saam met Jesus aan die regterkant van God se troon te sit en vandaar te regeer.

5 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    Jy moet meer skryf, Danie. Hierdie is goed gedoen en baie interessant.

    Like

  2. Danie Jonker says:

    Dankie, skryf ek nie te veel oor die Bybel nie? maar dit is vir my so interessant.

    Liked by 1 person

  3. woestynkind says:

    Baie interessant dankie baie

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s