Check up tyd…23/10/2017

Maandag oggend.
Ek le nog in die bed. Almal skarrel om my en maak gereed om te gaan werk. Ek het ‘n belangrike afspraak vandag. Ek gaan vandag vir my ‘check-up’. Kyk of my tieker nog in ‘n werkende toestand is om al die uitdagings van hierdie wereld teen te staan.
Ek le en kyk na die plafon. Hoekom gebeur siektes? Is dit omdat ons oud word? Is dit die duiwel wat my gesondheid kom steel? Ek wonder nogal?
As ons oud word en die weefsel gaan agteruit en ons moet pille drink om te help, maak dit nogal sin. As die duiwel kom om te steel en ek is weer gesond, hoekom moet ek nog pille drink. Ek is mos nou gesond. Vrae en nog vrae. Miskien moet ek net ophou vra en aangaan.
Maar die tyd kom en ek moet in my rooi tjorrie klim en die verkeer begin pak. Hoekom is hier so baie karre op die pad? Moet die mense nie almal by die werk wees nie? Of gaan hulle almal vir hulle ‘check ups’? Dan is daar darem baie siek mense op hierdie Maandag.
Ek stap maar die wagkamer binne en meld by die toonbank aan. Die ontvangsdametjie lyk bly om my te sien. Gou weet ek hoekom.
“Meneer ons tariewe is hoer as die mediese fonds, teken net hier dat u in kennis gestel is.”
“Julle tariewe was nie hoer toe ek in die hospitaal was nie,” probeer ek keer.
“Dis die verkil meneer, toe was u in die hospitaal. U is nou in die spreekkamer.” Ek kyk met ongeloof na haar.
So kom ek die dokter, spesialis…baie sertifikate teen die muur, se kamer binne. Heel eerste hou ek nie van al die hartprentjies teen die mure nie. Lyk soos lyke se borskaste wat oopgekap is en die hart daar binne. Hy groet vriendelik en vra my uit of hy my nog nooit gesien het nie, alhoewel ons mekaar amper vir 2 weke elke dag gesien het.
Volgende stap ek die toetskamer binne.
“Trek asseblief al jou klere uit,” vra hy. Sien die man dan nie hier is vrouens ook in die vertrek nie? Hoekom wil almal altyd al my klere uittrek? Die vrouens kan ek nog verstaan, maar die mans? Hulle laat my net stress en dis nie goed vir my hart nie.
Ok, nou is ek poedelnakend, wat nou? Geskok kyk die suster my op en af. Ek hou nie daarvan toe sy so in die middel vassteek nie.
‘Meneer, jy kan maar jou onderbroek aanhou,” se sy met groot oe.
Ek giggel so effens verlee en trek maar weer my onderbroek aan.
Ek voel baie verlig toe ek op die reguit witbedjie le met my onderbroek aan. Het snaaks gevoel om kaal te le met almal om jou bed. Hulle kyk, maar maak of hulle nie kyk nie.
“Goed,” se die dokter, “die suster gaan jou gou inplug.”
Nou kyk ek grootoog na hom. Sal nie hier skryf wat ek gedink het nie.
Na al die plakkery, die suster hou mos daarvan om die plakkertjies op jou hare te plak en dan…”Jammer, is nie reg nie, en dan..grrrttts, so bos hare uit. Dan kyk hulle jou mos in die oe en se,” Dit was mos nie seer nie, julle manne is mos braaf.”
Nou gaan daardie masjien mal, hy hoes en proes en die papiervelle spring almal uit. As die suster dit so voor haar gesig hou, dan raak die string papier amper aan die vloer.
Nou moet ek eers stap, op daardie masjien wat my aan ‘n vervoerband laat dink. Ek word moeg, ek kyk op die metertjie en sien ek het al 300m gestap, vinnig. My asem jaag effens. Uiteindelik is alles klaar en ek het weer my klere aan. Ek stap weer terug na die man, met die baie sertifikate teen die muur, se kamer toe.
Ek kyk na die man as hy hierdie string papiere van bo na onder lees en weer van onder na bo. Dit is net grafieke. Ek wonder of hy fisika of houtwerk op skool gehad het.
Hy kyk na my en smile,”Jy gaan dit maak,” se hy.
Ek smile ook….ek is bly.
Ons groet en ons paadjies skei.
Nou wonder ek, ek is gesond, maar moet nog pille drink, of is dit nou vir as ek die rekening kry. Soos ‘n voorbehoedmiddel.

10 Comments Add yours

  1. Ek wonder ook soms oor al die dinge … van ‘n Dr.

    Liked by 1 person

  2. Wat het geword van dokters wat jou ken, jou uitvra oor jou kinders, jou lewe en dan eers die ondersoek doen. Deesdae se dokters word betaal om onpersoonlik te wees en net die goed te lees wat masjiene uitspoeg. Daarby verduidelik hulle ook nie behoorlik aan ons onopgevoede mense nie, aai

    Like

  3. Danie Jonker says:

    Die man laat my ook wonder, maar hy weet seker wat hy doen.

    Liked by 1 person

  4. dromer777 says:

    Bly jy “gaan dit maak” 😊

    Like

    1. Danie Jonker says:

      dankie, ek is baie bly.

      Like

  5. travel460 says:

    Danie, drink jou pille en moenie te veel daaroor top nie. Jy gaan dit maak, sê hy. Jou uitslae was dus goed; baie baie bly saam met jou.

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Una, ek drink my pille.

      Like

  6. Wha ha ha ha. Flip ek het nou lekker gelag. Buurman jy gaan dit maak….onderbroek en al gaan jy dit maak. 😂😂😂😂😂
    Baie dankbaar dat als goed lyk. En ja drink maar die ou pilletjie vir voorbehoed.

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Ek dra van nou af 2 onderbroeke Buurvrou, just for in case….

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s