Kleinkinders

More oggend ses uur ry hierdie oupa na sy kleinkinders toe in Roodepoort. Hy gaan hulle alleen oppas vir 2 dae, sonder ouma. Hulle ouma is by hulle oumagrootjie. Die 2 mannetjies se pa en ma wil op ‘n “biketrippie” gaan. Dylan en Alex is hulle name. Oupa het vandag sy rooi karretjie vol petrol gaan maak.

Ek is nou maar alleen hier op die plot en het rustig vanaand al my goete gepak. Natuurlik moet my stukkie van ‘n laptop (tablet) maar saam gaan. Iemand (sal nou nie name noem nie) het natuurlik gaan Google en vir my ‘n lys gestuur van meer as 100 speletjies om met hulle te speel. Waar ek al daardie tyd gaan kry, weet ek nie.

So, nou wag ons maar, so ‘n bietjie slaap in kry en dan opstaan en ry. Daar is darem 2 dinge wat gebeur. Alex moet Saterdagoggend gaan vir sy judo-klasse en Dylan moet Sondagoggend gaan vir sy golflesse. Toe ek so groot was, het ek nie eens van sulke goed geweet nie. Die wereld verander darem maar vinnig.

Hou asseblief vir my duim vas, miskien moet julle eerder bid.

9 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    Ek glo jy kom 100% reg met die twee mannetjies, Danie. Ten minste gaan jy lekker moeg wees in die aande, en sal slaap nie ń probleem wees nie. Geniet dit.

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Dit gaan ok hier in Rhoodepoort. Maarbop die oomblik lê ek op die bed pootuit.

      Like

  2. Toortsie says:

    Dit sal uitstekend gaan. Geniet elke oomblik.

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Dankie, hulle maak my moeg. Ek sal weer tyd kry om te rus.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie says:

        Dis ‘n lekker moeg.

        Like

  3. Danie Jonker says:

    Is seker, maar die vrouens hanteer hierdie goeters beter as ons mans. In my geval is dit so. My een kleinkind was in hierdie onlangse storms in Gauteng en hy het vanmiddag sleg uitgerafel hier met die donderweer. Ek het eintlik geskrik.

    Like

  4. Dink aan jou/julle daar in Roodepoort, waar die onweer mens sommer baie bang kan maak. Dis gelukkige kinders wat direk met Oupa kan kuier sonder ‘n ouma-filter en ek glo hulle sal hierdie naweek met liefde onthou.

    Like

  5. dromer777 says:

    Hoop alles het goed afgeloop!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s