Klipgooiers

In Hand. 7 lees ons dat Stefanus gestenig word. Ons almal ken die verhaal. Maar ek lees iets wat ek nog nie op ‘n ander plek gelees het nie. Een kenmerk is dat die verhaal geskryf word amper of dit woord vir woord opgeteken is.  Wat onmoontlik is. Baie ooreenkomste is daar ook. Jesus en Stefanus bid vir hulle moordenaars en vra dat God hulle sal vergewe. Beide Jesus en Stefanus is deur die Sanhedrin skuldig bevind.

Die stelling wat ek raakgelees het is dat tydens die steniging het Stefanus opgekyk na die hemel en Jesus aan die regterhand van God sien STAAN. Ons lees altyd dat Jesus aan die regterhand van God SIT.

Hoekom sou Jesus staan? Was Hy dalk opgewonde of was Jesus angstig om te sien wat gebeur? Dit val bietjie snaaks op my oor. Ek hoop iemand kan my bietjie hier help asseblief.

Dan was Stefanus nog jonk ook. Ek wonder of hy ‘n vrou en kinders gehad het. Wat het nou van hulle geword?

…en Saulus pas almal se klere op. Lyk my daar was ook maar diewe en skelms.

7 Comments Add yours

  1. lekkervurig says:

    Ek is dankbaar dat jy jou wonder deel. Ek gaan saam soek en kyk. So ontdek mens skatte in die wonderlike speelplek wat God vir ons gee in Sy Woord.

    Like

  2. Danie Jonker says:

    Dankie, ek sukkel nogal met die een. Ek het die bewoording bietjie verander. maar Jesus het gestaan en ek het gegoogle en nageslaan, maar ek kry niks om te help.

    Like

  3. travel460 says:

    Jy het my nou ook nuuskierig, alhoewel ek glad nie dink dat Jesus net altyd sit nie. Maar in hierdie konteks verstaan ek jou vraag.

    Like

  4. lekkervurig says:

    Danie, kan ek maar op my blog hierdie gesprek voortsit? Sal na jou wonder verwys. Ek het op nog speelgoed afgekom in die soeke na insig.

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Ja, plesier. Ek hoor graag.

      Like

  5. dromer777 says:

    Baie interesant ek hoop julle twee gee terugvoering!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s