Potte en Panne…..

Toorsie het hierdie ding begin….(Jammer Toortsie)

Maar sien, ek gaan eendag skatryk word. Ek sal nou begin vertel hoe en waar.

In ons huisgesin is ek die man in die huis, soms ook net net, maar ek dra die broek. Ek voel dus skuldig as ek my vrou moet los om alleen die kos moet maak. Dan bied ek maar my hulp aan.

Gedurende die week kom ons maar van die werk af en dan wil almal kos op die tafel sien. Ek en my vrou het nie die fondse om ‘n kok aan te stel nie, en moet die kosmaak proses self aanpak. Nou word iets gesoek wat soos vleis sal proe, met ‘n paar groente daarby.

Na die hele proses van stoofplate warmer en kouer stel en soms potte aanbrand, is daar kos op die tafel. Almal eet en gesels en as ons weer sien, is almal weg en ons sit met die borde EN DIE PANNE EN KASTROLLE. Die goed gee my die horries. Dit is seep en skrop en uitspoel en afdroog…..en dan wegpak.

Dis hier waar ek gaan ryk word. Ek gaan potte en panne ontwerp wat net een maal gebruik word en dan weggegooi word. GOEDKOOP.

Ek sal een van die dae my bank details hier plaas en dan kan julle bestel, julle mans sal julle die geld gee. Julle sal sien, wys hom net die skrywe.

Groete

Danie.

7 Comments Add yours

  1. Toortsie says:

    O né? Weggooibare potte en panne? 😁

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Ek kan dalk ‘n internationale eerbewys kry.

      Liked by 1 person

      1. Toortsie says:

        Praatjy! Wêreldberoemd raak. Maar jy weet seker dat jy enige potte kan weggooi en nuwes koop?

        Like

  2. travel460 says:

    My bestelling sal eerste in wees. Bankbesonderhede asb.😉

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Whatch this space….

      Like

  3. Jy besigheid gaan bepaald suksesvol wees Danie! Ek is nie ‘n visserman nie (maar het al probeer). Oor die algemeen hou mans meer van katrolle as kastrolle…

    Like

  4. Danie Jonker says:

    So reg Abrie, dankie …ek stem saam met jou, hierdie potte en panne maak my soms deurmekaar.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s