Die Eppie..

Ek was ‘n Eppie, ‘n vakleerling. Ek wou ‘n elektroniese engineer of so iets word toe ek besef ek moet seker gaan werk of so iets om ‘n bestaan te maak op planeet Aarde. Met die elektronika het dit nie goed gegaan nie, na ‘n paar weke word ek vertel ek is kleurblind en moet maar ‘n ander beroep kies. Nou wat nou? Toe word ek maar Passer en Draaier. Fitter en Turner. Maar ek het nie baie van die vuil hande gehou nie. Dus het ek na 3 jaar “tradetest” gaan skryf en siedaar…ek het ‘n sertifikaat met ‘n rooi seel op. (Vir die wat weet wat dit beteken)
Nou waaroor wou ek eintlik skryf. Hand. 11: Barnabas..Barnabas is na Antiogie ….om jare na Paulus se bekering na hom te gaan soek. Paulus het vir jare na sy  ondervinding toe Jesus hom van die perd laat val het, na Tarsus toe gegaan en daar gebly. Barnabas het vir Paulus in Tarsus gaan soek, blykbaar nie sommer ‘n dag se stappie deur die tuin nie. Nadat Barnabas vir Paulus gekry het, Paulus saam met hom na Antiogie gevat. Ek wonder hoekom het hy vir Paulus gaan soek? Daar was mos ander dissipels ook? Antiogie is mos die plek waar gelowiges in Jesus die eerste keer christene genoem is.
Nadat Stefanus gestenig is, het baie christene na Finesie, Siprus en Antiogie toe gevlug

(Barnabas het vir 2 jaar vir Paulus as sy “eppie” gevat en hom alles geleer omtrent die Evangelie. Paulus het so goed gedoen dat hy later Barnabas se leier geword het.
Dis mos nou hoe dit gedoen moet word!  Om terug te staan as iemand beter word as jy. Dis mos om iemand te eer (in die regte hoedanigheid) Om iemand vir jare te leer en dan terug te staan sodat hy jou plek kan oorvat.
Vandag sien ons dit eintlik nie meer nie. Elke mens veg net vir homself, behalwe die ware dissipels van Jesus. Is jy dalk ‘n ware dissipel?

9 Comments Add yours

  1. lekkervurig says:

    Kapow. Ons moet leer nederig lewe

    Like

  2. Danie Jonker says:

    Jip, dankie, dis die woord!!!!!

    Like

  3. travel460 says:

    Danie, dis dikwels die Eppies van die lewe wat uitstyg, selfs al is dit op ń beskeie manier. Jy, my vriend, bied die samelewing soveel met jou insig en wysheid.

    Liked by 1 person

  4. Hi Danie in Jesus 4 is daar ook ‘n wonderlike voorbeeld van dit waaroor jy hier praat.

    Joh 4:40-42
    Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly.
    Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het;
    en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.

    Hulle geloof was dus nie meer gebaseer of die evangelis se woorde nie maar op hulle verhouding met Jesus Christus.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s