Die Spookhuis

 

Die vroeg oggend, net na ses. Gister het ek hierdie spookhuis op ‘n afstand bekyk en beloer. Nie genoeg moed gehad om in te gaan nie. Nou het ek ‘n Buurvrou wat alles oor die huis wil weet. Sy sit lekker in haar huis en gee net orders. Vind dit uit, vind uit oor dat. Sy is nie die een wat skrikkerig is nie, ek is die een.
WP_20171217_07_35_37_ProWaar ek staan ek kyk, kan ek sien die huis was eens op ‘n tyd ‘n heel skaflike plek. Teëldak ens. Ek kan sien dat die see met hoogwater naby aan die stoep gekom het. Maar die skurmunkels van die wereld was ook al hier. Die grafitti is orals geverf.
Gister het ek vroegoggend ook ‘n man met ‘n kamera in sy hand op die strand aangetref. Besig om elke sandkorrel en oester af te neem. Toe ek hom vertel van die huis het hy my met ‘n glimlag beloer.
“Nee, hy kan nie more saamgaan nie,” het ander dinge aan. So, nou staan ek alleen en kyk na die huis. Hier is honderde mense in die omgewing. Kan seker nie so erg wees nie. Stadig stap ek maar na die trap se kant toe. Die huis is nog donker binne. Miskien moet ek wag dat die son net bietjie helderder skyn, net bietjie meer lig gee. Ek weet Dracula hou nie van sonlig nie. Se nou hier is ‘n vampire in die plek? Hulle kruip mos weg in sulke kiste wat in die aande so uit die vloere opkom. Dan maak die kiste oop en dan sit hulle regop en byt jou in die nek.
“Oh my word,” Daar gaan so ‘n krieweling in my rug af. Net soos wanneer ‘n druppel water teen jou rug afloop. Dapper gee ek ‘n tree of twee nader aan die trap, kamera in my hand. Miskien moes ek eerder my rewolver ook saamgebring het.

WP_20171219_10_41_25_Pro
Ek bestyg maar die trappe versigtig. Nou hoekom is ek nou so skrikkerig? Die trappe is ook vrot van die weer en seelug. Hulle kraak kwaai onder my gewig en ek trap versigtig van trap na trap. Die ingang na die voordeur is al lankal oor die muur. Ek moet deur ‘n venster klim om binne te kom. Binne kan mens sien alles is weg, seker maar gesteel. Net die murasie staan. Vensters, deure, pype, kragdrade, baddens, alles is weg. Graffitti is teen die mure geverf, goeie woorde en slegte woorde. Teen die mure kan ek iemand se soeke na God sien, Iemand het geskryf..”only God can judge my soul”…


Ek stap stadig en versigtig van kamer na kamer. Loop so op die punte van my tone. Netnou slaap iemand erens op die vloer. Orals is die oorblyfsels van vure wat gemaak is. Slagspreuke van duiwels is teen die mure gespuitverf. Plafonne bestaan nie meer nie. Is ‘n grillerige plek, ek sal nie sommer hier slaap nie. Ek neem fotos soos ek van kamer tot kamer gaan.
Daar word diep asemgehaal toe ek weer buite kom. Snaaks wat sulke plekke aan mens doen.
Wat die omstandighede van die mense was, kan ek nie presies uitvind nie, net dat dit nie volgens bou spesifikasies was nie en dus onveilig was. As mens na die fotos kyk, kan mens duidelik sien dat die mure losgebreek het van die fondasies.
Die mense op die strand noem dat hulle nie daar ingaan nie. Een oom beweer hy sien gedaantes in die aand met lang wit klere, veral as die maan skyn. Ek het gisteraand in die donker op die strand die plek deur my verkyker dopgehou. Ek kon sweer ek het ook iets in wit daar sien beweeg, maar ek is nie seker nie.
Grillerig, die spookhuis.

 

3 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    Danie, waar is hierdie huis? Lyk soos by die see? Ek sou self ook maar lekker versigtig rondgeloop het.😉

    Like

  2. Dis regtig hartseer – so ‘n pragtige plek met die wonderlikste ligging!

    Liked by 1 person

  3. ddupl3ss1s says:

    Ek was so nuuskierig hoe dit binne daardie huis lyk! Dankie vir die fotos. Ons het ook gewonder wat het van die eienaar geword, nogal vir my Geliefde vertel ‘n regte grieselrige storiehuis!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s