In die bed op ‘n Maandag…06.02.2018

Sondag toe ek en my vrou kamer se kant toe staan na kerk, noem ek vir haar dat ek effens duiselig voel. Voel soos wanneer mens op ‘n klein skippie is tussen groot branders. Maandag oggend word ek wakker met hierdie ding as ek draai in die bed. Wat ‘n gevoel.

So met die derde draai toe moet ek hardloop vir die toilet. Met die hardloop het dit ook nie goed gegaan nie, want ek word duiselig van die opgooi en dit voel of ek wil ‘uitpass’. Toe kom sit my vrou maar vir my ‘n emmertjie langs my bed.

Nou sit ek en sy die emmertjie en bekyk en wonder wat nou aangaan. Ons meet my bloeddruk…is bietjie hoog. Ons meet my suiker…is ook bietjie hoog. Vandat ek laas nou bietjie met my tieker gesukkel het, het ons nou hierdie meet-instrumente in die huis.

As ek lê en ek draai op my sy, moet die emmertjie nader kom en ek is so dronk soos ‘n spook. Ek bel maar die werk, (gelukkig het ek nog ‘n werk) en laat weet ek kan nie so dronkerig die verkeer aanpak nie.

Nou sit ek en my vrou maar altwee op die kant van die bed na die emmertjie en kyk. Sal sy my dokter toe vat of wat? As ek doodstil lê, is alles ok, maar ek moet nie my kop draai of vooroor buk nie, dan gesels ek en hierdie emmertjie.

So twee ure later is het sy my darem in die motor en hier gaan ons. Die emmertjie tussen my bene. As die kar bietjie skud om die draaie, is dit ek en die emmertjie. Dan maak my vrou of sy baie sterk is en die emmertjie haar niks maak nie. Sy kyk daar vee…eeer by die venster uit. So af en toe sien ek sy mik om die venster oop te maak en en wonder hoekom. Dis mos ek wat katte skiet, nie sy nie.

So kom ons by die nood afspraak. Die dokter sal my maar so tussen die ander pasiente help, want hy is klaar volgeboek. Weer word my bloeddruk gemeet, my vingers vol gate geskiet vir die suiker se toets. Alles bietjie hoog, maar ek is ok.

Hier kom die uitslag….middeloor ontsteking….en ek dog dit was gisteraand se wyn. (grappie) Nou kom daardie suster nader gestap. Ek weet nie hoekom moet hulle altyd daardie inspuiting reg voor jou oë in die lug hou, met daardie lang naald so regop in die lug nie. Dan skiet hulle dit so met die vinger om die lug uit te haal. Dis skrikwekkend. en dan die woorde…af met die broek!!!

Hemele behoed my, berge val op my…en dit op verjaarsdag.

18 Comments Add yours

  1. ekmyselff says:

    Geluk met die verjaarsdag! Hoop jy voel gou beter!

    Liked by 2 people

  2. Danie Jonker says:

    Dankie EKMYSELF, al baie beter, kan bietjie na my blog kyk en mense sin lees wat ek lanklaas kon lees.

    Liked by 2 people

  3. lekkervurig says:

    Ag Danie, dankie tog daar is moetie vir daai dronkgeit. Mag die dag gou al hoe minder oor die emmertjie se rand geskied. 😉 Voel sommer gou beter. Mooi wense vir jou nuwe lewensjaar.

    Liked by 2 people

  4. Danie Jonker says:

    Dankie LEKKERVURIG, dit doen my al klaar goed om net my blog oop te maak en bietjie te gesels. Soms is dit net so besig, en dan mis ek die gesels baie.

    Liked by 1 person

  5. Net Ek says:

    Jinne, sommer so cheap date so op jou verjaarsdag, word vanself lekker dronk! 😆

    Ag ek spot sommer Danie. ek hoop jy is gou weer jou ou self.

    Mag dit vir jou ‘n jaar vol liefde, seën, vrede en lig wees.

    Liked by 2 people

  6. Danie Jonker says:

    Dankie NET EK, was amper so ‘n cheap dronk ding. Dankie vir al die goeie wense. Noudat my laptop weer aan die gang is, gaan ek probeer om meer gereeld julle stories te lees.

    Liked by 2 people

  7. Veels geluk en vinnige beterskap vir jou!

    Liked by 2 people

  8. Danie Jonker says:

    Dankie TANNIE FRANNIE, ek is al klaar beter vandag.

    Liked by 1 person

  9. Buurman, ek het lekker gelag vir jou blog. Ek sien al hoe sit Buurvrou en jy daai emmertjie en dophou of daar een of ander gedierte daar gaan uitspring.
    En ek hoop die keer het jy net jou broek uit getrek en nie soos laas alles nie. LOL
    Ek myself verstaan nie hoekom hulle ons so bang moet maak met daai naald nie. Ek dink hulle kry baie lekker.
    Net baie bly jy voel al beter en kan lekker blogs skry.

    Liked by 1 person

    1. Danie Jonker says:

      Dankie Buurvrou,, ek het hierdie keer my broek aangehou.

      Liked by 1 person

  10. travel460 says:

    Hierdie middeloor ontsteking-ding kan mens lekker deurmekaar hê! Dankie tog die tieker is toe heel rustig. Ek bewonder jou vrou dat sy so sterk langs jou en die emmertjie bly sit het. Ek sou self ń ‘uitlaatklep’ moes opsoek.

    Liked by 1 person

  11. Danie Jonker says:

    Sy moes die venster gebruik het…maar ons het agterna lekker gelag. Una, ek was siek, my ribbekas is nou nog seer van al die katteskiet.

    Liked by 1 person

  12. Kameel says:

    Ek begin lees oor jou dronkheid en voel benoud vir jou part. Asb moet net nie sê jy het Menieres nie…. dan is die dronkheid daar om te bly. Nou lees ek darem jy voel beter. Mag dit vir jou ‘n geseënde jaar wees Danie!!!

    Liked by 1 person

  13. Danie Jonker says:

    Baie dankie KAMEEL, nou so ‘n paar dae later en ek is heel ok.

    Liked by 1 person

    1. Danie Jonker says:

      Dankie, ek is al beter.

      Liked by 1 person

    2. Danie Jonker says:

      kry jy my antwoorde? Soms le die goed ..pending

      Liked by 2 people

  14. Hierdie het my verby gegaan. Jy is darem besonderd geseend – nie elke man wat so ‘n lekker ou inspuiting vir sy verjaarsdag kry nie!! Ek het ‘n liefde vir die diere. Hou asseblief op om die katte te skiet dit is om van naar te word!
    Danie in Ingels se hulle mos belated birthday wishes. Ek glo nie daaraan nie. Die water is onder deur die brug. Geluk met jou verjaarsdag (volgende jaar s’n). Ek as jy dink ek vergeet volgende jaar, ek het nie. Ek was eerste.

    Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s