Siektes…..20/02/2018

 

Die satan is die vader van alle siektes en die sonde die moeder van alle siektes. In Deut. 28 lees ons siekte is deel van ‘n vloek wat oor die mensdom is…as ons volgens die wil van God leef, is daar baie seeninge oor ons, maar as ons nie volgens God se wil leef nie, tref al wat ‘n vloek is ons…peste en plae, tering, inflammasie en koors, kranksinnigheid, bloedvinte, ons sal nie voorspoed ondervind nie….jy sal kranksinnig word van dit wat jy sien….vyande sal jou uitroei en jy sal hulle taal nie verstaan nie…vrouens sal hulle eie nageboorte eet.
Wat ek hier lees, is verskriklik.
Satan heers met siekte terwyl God ons vry maak daarvan. Satan is in ekstase as ons God blameer vir die slegte goed wat oor ons lewens kom.
Siektes word veroorsaak deur ‘n onbeheersde tong…Spr. 18:21
Die tong het mag oor lewe en dood.
‘n Onbeheersde eetlus…Spr. 23:2….bedwing jou as jy ‘n groot eetlus het…om net 2 te noem.
Om mense gesond te maak is ‘n opdrag van Jesus…
Matt. 10:7…maak die siekes gesond, raise the dead…
Luk. 10:8…as julle ‘n dorp ingaan, maak die siekes gesond…en nog baie ander gedeeltes wat ons as gelowiges beveel om uit te gaan en mense gesond te maak.

Soos ek lees, kom ek agter ek moet eerder ander mense in die Naam van Jesus gesond maak, as wat ek bekommerd is oor my eie probleme. Toe kom ek by die plek wat oor al die verslillende metodes gaan wat Jesus gee wat ons moet gebruik om mense gesond te maak.

Volgende keer meer daaroor.

 

 

3 Comments Add yours

  1. Positief says:

    Ek leer altyd iets by jou

    Liked by 1 person

    1. Danie Jonker says:

      Dankie Positief. Ek wil so bietjie paar dinge skryf oor siektes. Ek lees ‘n paar boeke, en ook die Bybel, oor die onderwerp. Net vir myself gese dat ek bietjie meer oor dinge moet skryf wat van belang is. Nie dat ek se die ander is nie nodig nie. Jy moet ook kommentaar lewer asseblief.

      Liked by 3 people

      1. Positief says:

        Dankie Danie ek maak so

        Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s