Ek verkeerd?….Never!…01/03/2018

 

Die Bybel is altyd reg. Ons kan nie ons eie gedagtes vernuwe nie. Kyk maar na die tydskrifte in hierdie plaaslike mark. Doen dit om positief te bly, doen dat om elke oggend vars wakker te word. Die Bybel is eenvoudig met die stelling….Laat God toe om die brein te vernuwe. Ek moet net vra, en dan natuurlik saam met God werk om dit te verander.

 

As daar lig is, verdwyn die donkerte. Die kleinste lig, verdryf die donkerste donker. Donkerte het geen weerstand teen die lig nie. Die lig verdryf dit eenvoudig sonder moeite. Net so kan die satan teen geen kind van God weerstand bied as ons met outoriteit optree nie. Ons moet net ons gesagsposisie ken en weet.

 

Ons gedagtes is heeltyd besig en hoofsaaklik in geveg met dit wat die satan aan ons verkondig.

 

In Mark 4:35-41 maak Jesus die storms stil en net in die volgende hoofstuk Mark 5:1-20 herstel Jesus die demoonbesette man. Jesus werk in die heelal en ook in die brein van die mens.

 

Om passief te wees, is nie om niks te doen nie. Dit is gewoonlik iemand wie se brein oor aktief is. Dit is gewoonlik gedagtes wat rondspring en moeilik is om te beheer.

 

Een van die mensdom se groot flaters is dat hy homself motiveer en dryf om erens te kom. Die Bybel stel dit duidelik dat ons ons moet laat lei deur die Heilige Gees. Daar is ‘n groot verskil tussen dryf en laat lei.

 

Om ons handelinge te verander, moet ons gedagtes verander. Ons moet heers oor ons omstandighede. Ons omstandighede moet nie oor ons heers nie.

 

Ek moet aan God se Koninkryk behoort om dit te help uitbrei.

 

Kom ons kyk wat ons met elke nuwe dag kan doen om God se Koninkryk te help uitbrei.

 

Dit was in elk geval Sy laaste opdrag.

 

2 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    Danie, ek is op die oomblik besig om baie oor bid te dink. En oor hoe ons God ervaar. Is Hy hierdie wese wat afkyk vanuit die troonkamer, of is Hy die persoon wat ek weet ń ereplek in my sitkamer inneem. Die Een met wie ek praat, nie Die Een oor wie ek praat nie. Ek wil vir Hom sing, nie oor Hom nie. So vir my, op hierdie stadium van my lewe, gaan dit eerstens oor my verhouding met Hom. Oor hoe ek my lewe op ń daaglikse basis met Hom deel. So ek moet jou eerlik sê, ek gee nie om wie wat dink en glo en voorstel en opsom en interpreteer en oor stry nie. Ek hoor God se stem met my eie ore. Hy lê Sy Woorde uit in my hart. En Hy verduidelik met Sy eie alomteenwoordigheid presies wat Hy in Sy woord uitlê.

    Liked by 3 people

  2. Danie Jonker says:

    Hy kyk nie af na jou nie. Hy sit langs jou en hoor alles wat jy vra en praat. Die meeste christene se lewe draai net om hulle self. en bid dus ook net vir hulle self. God bring ons tot bekering om saam met Hom te werk om die wereld te verander. As jy in God se koninkryk is word jy ‘n soldaat in God se weermag. Daarvoor is Efes. 6 daar. Jy kan onmoontlik nie ‘n sitkamer christen wees nie. God se doel met jou is om die wereld te verander. Jy is die een wat demone moet weg jaag, baklei vir wat die satan by jou steel ens. Kan baie hieroor praat. Sê as ek nog moet praat.

    Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s