O My jinne…01/03/2018

Die Bydel noem dat ons as Christene vir God enige iets kan vra, en Hy sal dit vir ons gee…ek soek nog die vers, maar ons ken dit.
Aan die ander kant…..?
Jak. 1 : 7 – 8
‘n Mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
Die woorde word aan Christene geskryf. Kan dit wees dat ‘n Christen iets van die Here geweier word?
Het jy al gehoor van vestings (strongholds) in christene se lewens?
2 Kor. 10 – 4 -5
Ons wapens van ons stryd is kragtig wat vestings kan vernietig…..Ons neem elke gedagte gevangene om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Ons moet gedurig ons gedagtes gevange neem, anders neem dit ons gevange. Dan het ons groot moeilikheid.
Vestings van satan veroorsaak dat ek onbestendig is in my doen en late.
As ons nie weet wat vestings is nie, kan ons daaroor praat as iemand wil.
Ons moet ‘n vesting van God in ons lewe kry, nie van die satan nie. Anders kan ons nie oorwinning leef nie.

7 Comments Add yours

  1. Toortsie says:

    Ek hou hiervan: Ons moet gedurig ons gedagtes gevange neem, anders neem dit ons gevange. Dan het ons groot moeilikheid.

    Liked by 2 people

    1. ekmyselff says:

      Dit is vir my ook treffend Toortsie.

      Liked by 2 people

    2. Danie Jonker says:

      Dankie, anders begin ons met die duiwel redeneer.

      Liked by 2 people

  2. ekmyselff says:

    Dankie vir die deel Danie.

    Liked by 1 person

  3. Kameel says:

    Sit ‘n wag voor jou gedagtes en neem elkeen gevange wat wil uitglip…. dis sommer die prentjie wat by my opgekom het. Dis ‘n voltydse job en ‘n mens moet omtrent waaksaam wees.

    Liked by 1 person

  4. Danie Jonker says:

    Voltyds ‘n christen, nie net af en toe nie.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s