Besluite? o my aarde! 04/03/2018

 

In ons gedagtes dink ons oor iets en met ons wil neem ons ‘n besluit oor dit waaroor ons dink. Ons hele persoonlikheid reflekteer ons wil.

 

God gee ons vryheid om ons eie besluite te neem. Dus moet ons sorg dat ons in oorwinning leef, sodat ons die regte besluite kan neem. Natuurlik neem ons soms verkeerde besluite. God sal ons nie opsy skuif daaroor nie, maar eerder help met ons flater.  

 

Dit is nie die dinge wat met ons gebeur, wat ons affekteer nie, maar die dinge wat binne ons gebeur. God wil dat ons aktief moet leef in Sy woord, die satan wil hê dat ons passief moet wees teenoor God se woord. Sodra ons passief word stel ons onsself oop vir demoniese invloede. Daarom is dit baie belangrik om ons wil inlyn met God se wil te bring. As ons nie met ons wil ‘n besluit neem nie, sal niks gebeur nie.

 

Die satan gebruik  passiewe gedagtes om ons dan deurmekaar te maak, ons bang te maak en selfs dood te maak voor dit regtig ons tyd is. Ons moet weet dat God nie ons besluite vir ons sal maak nie. God het nie robotte gemaak nie. Misleiding onstaan gewoonlik in passiewe gedagtes. Ons moet leer om God se woord te hoor en dan daarvolgens te handel. God kan niks in ons lewe doen as ons nie ‘n wilsbesluit neem nie.

 

Oorwerk, uitputting, gesondheid en misleiding is enkele oorsake van passiwiteit. Moenie in kompetisie met ander mense werk nie. Kry prioriteite in ons lewens reg. Moenie aanhou om sekere goed uit te stel nie.

 

Moenie “Gods water oor Gods akker laat loop nie,” neem die saak in oënskou saam met God en doen die regte besluit en hou daarby.

 

 Moet nooit dat omstandighede jou beinvloed nie. Beinvloed die omstandighede deur hulp by God te soek. Hy sal help, Hy het belowe Hy sal.

 

 

 

5 Comments Add yours

  1. Toortsie says:

    Dankie hiervoor.

    Liked by 2 people

  2. ekmyselff says:

    Dankie vir die deel.

    Liked by 2 people

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s