Die Pa van vandag…..09/04/2018

Vandag sommer iets in ‘n boek gelees en gedink ek moet ‘n paar woorde daaroor skryf. Kom ek gooi klippe in die bos en kyk wat vlieg uit die bos.
Die prioriteite volgens God se besluit.
1. God
2. My vrou
3. My kinders
4. Werk
5. Bediening

 

Onthou ek staan voor in die ry.
Die meeste Pa’s gee hulle beste tyd vir iemand of iets buite die kring van die familie. Hulle kom in die aand moeg by die huis. Pa het sy eie roetine en val voor die TV neer. Later as hy met beplanning begin is dit oor dinge by die werk of waar vind watter sport Saterdag plaas.
Geen wonder die vrouens is nie meer onderdanig aan hulle mans nie. Die vader van die huis gaan speel Saterdag saam met sy pelle golf en sit die middag in die klubhuis en rugby kyk.
Die kinders se huiswerk en projekte wat gebou moet word, los hy vir die vrou om uit te sorteer.
Mettertyd begin die vrouens die vaderfiguur in die huis oorneem en siedaar! ‘n nuwe pa in die huis. En as die man ook nie oppas nie, is daar regtig ‘n ander pa in die huis.
Kinders is nie veel gepla met hoeveel geld hulle pa aan die einde van die maand huistoe kom nie. Hulle wil saam met hom speel en stoei en sulke dinge.
Sommige dinge leer ons mans net te laat in die lewe. Natuurlik is daar ook ‘n klomp wat die ding regdoen.

One Comment Add yours

  1. carinjonker says:

    Sjoe dis nou ware woorde, ek dink net party keer het ons vrouens ook maar skuld daaraan, Pappa wat net bietjie rus en stilte soek word dalk oordonder sodra hy by die huis kom, die dat hy wil “wegkruip” meeste van die tyd. Voor ek en my man getroud is het my Dominee vir ons gesê, ons moet hom net een ding belowe en dit is dat ons elke dag wanneer ons by die huis kom, eers ‘n koppie tee, of in my geval koffie, te maak en dan rustig te sit en gesels oor wat in ons dag gebeur het, en dan mettertyd soos kinders in die prentjie doen, moet ons steeds by die gewoonte hou, en dan net die kids elke een insluit in daardie tyd, so kry elke een ‘n kans om sy dag te vertel, wat goed en lekker was wat gepla het wat nog gedoen moet word ens, en dan daarna gaan ons elke een sy gang, tot etenstyd dan is ons weer saam en kuier weer lekker… partykeer hardloop tyd uit of jou dag werk onbeplan uit maar ons probeer die volgende dag weer aangaan met ons “gewoonte”.

    Liked by 1 person

Leave a Reply to carinjonker Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s