Hugh??….24/06/2018

Ek sien uit na die reaksie op hierdie worsteling in my lewe? Daar is sekere dinge wat aan my krap, en ek kry dit nie verwyder uit my lewe nie. Ek skryf maar soos my gedagtes loop. Ek strek my gedagtes miskien ver. Onthou hierdie skrywe is my gedagtes en nie een of ander leerstelling nie. Al hierdie gedagtes is nie my eie nie, maar ook uit boeke wat ek lees.

Hoekom maak die Evangelie nie vir my sin nie?  Ek moet miskien  die stelling nie so skerp stel nie. Ek worstel deesdae met sekere skrifgedeeltes.  Jesus se laaste ‘opdrag’ was tog aan al die dissipels gegee. Tenminste die laaste klompie wat daar bymekaar was toe Jesus opgevaar het na die hemel.

As ek om my rondkyk en na myself kyk dan wonder ek wat het die mensdom met die Evangelie gemaak. Die mensdom, ek inkluis, het miskien die Evangelie met opset “gekrimp” om van die opdrag af weg te kom. Ons het Jesus se ‘opdrag’ na ‘n ‘calling’ verander. Om van die verantwoording weg te kom, het ons die opdrag na ‘n roeping verander. Die opdrag is dus net vir die mense wat die ‘calling’ gekry het.
“Ek is nie geroep om na die wereld te gaan nie,” is my verweer.
“Ek is net geroep om Woensdagaande kos te gee by die sopkombuis.” nou beweer ek ook dat ons nou nie almal moet oppak en China toe gaan nie. Miskien moet ons, ek weet nie.
Wonder wat gaan my hoof by die werk maak as ek net sekere gedeeltes van my werk doen, en antwoord dat die ander gedeeltes nie my verantwoordelikheid is nie.

“Dis die ou se werk wat geroep is vir hierdie werk. Dis nie my roeping nie, net my werk.”

 

Matt. 10….(Jesus se Opdragte) Gaan lees dit bietjie. Ek wil nou nie alles hier in copy nie.

Kan dit wees dat ek net die negatiewe raak lees?

Die laaste gedeelte van Lukas 9 (Hoe Jesus gevolg moet word) is vir my interesant.
Die ryk jong man wat vra wat hy alles moet doen om Jesus te volg. Ons almal ken die antwoord.
Jesus antwoord: ”Dit gaan jou kos….” Ek dag die Evangelie is gratis? Verniet? Lyk nie vir my so nie. En as ek begin rondvra…Jesus het nie eintlik bedoel die jongman moes alles verkoop nie, jy weet, die bedoeling was eintlik….dis van die goed wat ek hoor.

Die ander man wou eers sy pa gaan begrawe….Jesus se antwoord was dat die dooies hulle eie dooies moet begrawe…..Jesus het eintlik dit nie so bedoel nie…..lyk my die hele Bybel is …..’eintlik het God dit nie so bedoel nie’…nou wonder ek maar net nou wat het God eintlik bedoel.

Jesus se boodskappe was nie vol motivering om Hom te volg nie.
As julle My wil volg, eet My liggaam en drink My bloed…’n grillerige affere. Is nie die beste taktiek om ‘n kerk te stig nie. Jesus het nie baie in bemarking belanggestel nie.
Die wereld leer ons hoe groter hoe beter. Hoe groter die getalle op ‘n Sondag is, hoe voller is die kollekte bordjies. (soms)
Jesus het gese om Hom te volg moet Sy voorbeeld gevolg word. Duisende mense het om Hom saangedrom. Die dag toe Hy die aarde verlaat, was daar maar ongeveer 120 mense by Hom.
Ons as mensdom soek kerke met veilige parkering, toesig oor die kinders, ‘n goeie boekwinkel en kafeteria sal ook doen.Die stoele en klank moet ook die ding kan doen. Goeie kursusse vir die versterking van my geestelike waardes sal ook help.
Die opdrag van Jesus was om te GAAN…..

 

4 Comments Add yours

  1. lekkervurig says:

    Ons is met enerse vrae besig. Ek lees nêrens maklik of snesiesag raak nie. Om te gaan, om om te gee, om lief te hê verg energie en wilsbesluite en daar midde in dit alles – daar kry jy genade en God en Jesus en Gees.

    Like

  2. Danie Jonker says:

    Dankie, ek dink ons ‘comfort zone’ is ons groot struikelblok.

    Liked by 1 person

  3. woordnoot says:

    Ek dink die woord GAAN is ‘n vreesaanjaende woord vir ons. Dis net 4 letters lank maar is in hierdie geval onmoontlik. Want dit beteken ek moet my leefstyl opgee, my gemak, my bekendheid om my. Alhoewel ons weet dat dit die beste plek is. Daai plek waar jy God se volheid sal ervaar omdat dit suiwer vertroue gebaseerd is. Maar ja, ons het baie verskonings om nie aan daai opdrag te voldoen nie. Sommige is valid in ons oë. Maar ek wonder ook ….

    Like

  4. Danie Jonker says:

    Ek is bly jy wonder saam met my? Ons sal iets aan die sakie moet doen.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s