Arme Buurvrou…

Hi Buurvrou,
Soos jy dit stel, jy het so ‘n effense idee van blogs, asof dit in die verre verlede plaasgevind het. Na oorweging en diep nadenke die volgende. Ek het bietjie gedink oor blogs en sulke dinge. Na aanleiding van al jou vrae het ek maar besluit om die volgende te skryf. Ek sal met jou man reel om hierdie vir jou te wys. Hierdie is geskryf in die vorm van ‘n blog. Lees eers, moenie nou al bekommerd wees nie.

Blogs is baie interesante plekke. As ons dit nou maar plekke kan noem. Dit is plekke op die internet wat dwarsoor die wereld op ander mense se blogs verskyn. Om jou blogs te sien, moet die ander mense ook blogs he. Blogs is prentjies en woorde wat ander mense met blogs ook kan lees. M.a.w. dit is plekke op die internet waar mens kan skryf en fotos plaas. Ons noem dit ‘copy’ en ‘paste’.
Om op die internet te werk moet data beskikbaar wees. As jy nie verstaan van data en google en internet nie, sal ek aanbeveel dat jy iemand kry om die proses aan jou te verduidelik.
Miskien moet jy inskryf vir ‘n rekenaar kurses. Maak net seker dis met papier en potlood, want jy weet nog nie mooi en ten volle hoe rekenaars werk nie. Ouderdom kan ‘n probleem wees, maar kom ons probeer en kyk of jy kan verstaan.
Op blogs kan jy jou opinie gee of dinge en goete net soos jy wil, as jy ‘n opinie het natuurlik. Jy kan oor jouself skryf (jy sal goed inpas op hierdie afdeling) of oor ander mense of plekke. Jy kan fotos ook oplaai (‘paste’) op die blog, maar ek dink ons moet dit eers los vir later.
As jy sukkel om oor plekke te skryf, sal ek jou aanraai om jou huis te verlaat. Mens skryf nie oor goed as jy by die kombuis se agterdeur uitgaan nie. Ook nie wat agter jou toilet se deur hang nie.
Eerstens kan jy skryf oor jou tuin. Sodra jy konfyt raak met skryf, (nie die konfyt wat jy op jou toebroodjie smeer nie) kan jy met jou motor in die straat afry en daaroor skryf.
Moet nou nie jou rekenaar op die sitplek langs jou neersit en probeer tik terwyl jy bestuur nie.
Vir gewone rekenaars het mens kragpunte nodig. (As jy nie weet hoe dit werk nie, vra jou man)
Mens kry ook ‘n laptop wat met batterye werk.(Vra weer jou man.)
Maak ook net seker jou bestuurlisensie is op datum. Ek weet jy is nou al ‘n tannie, so ek is nie seker of jou lisensie al verval het nie.
Niemand sal enige negatiewe kommentaar lewer op jou blog nie. maar hulle kan dalk nie skryf wat hulle dink nie.
As jy reeds ‘n blog het, gaan mens net na “Add Post” toe en kliek op die skakelaar. Die skakelaar is so ‘n pyltjie ding op die skerm. Dan skryf jy wat jy wil soos jy dink.
Jy sal sien jy kan ander mense se blogs ook lees. Sommige is nogal interesant en ander nie. Sommige mense skryf oor standbeelde of skilderye en ander oor eilande.
As jy nie ‘n blog het nie, sal ek aanbeveel dat jy gaan koffie maak en die idee weer oordink….jy weet soos die Denker…(vra jou man, jy sal nie weet nie.)
Sodra die bladsy oopmaak, kan mens die “keybord” gebruik om sinne en woorde te tik. Dit sal dan op die skerm verskyn. Dit is nou die skerm van die rekenaar. As jy niks kan sien nie, moet jy weet die skerm is nie aangeskakel nie.
Dan moet jy daaraan begin dink om dalk eers op ‘n kurses te gaan om met rekenaars te werk.
Ek weet jy sukkel ook met “clusters”. Clusters het niks met rekenaars te doen nie. Clusters werk tussen mens se ore. Dis as mens daar iets het, wat blykbaar waar is in jou geval.

As jy regtig baie sukkel om uit werk hoe blogs werk, gaan strand toe. (Vra jou man om jou weg te vat)
Terwyl jy terugloop huistoe, oordink alles.
Moenie bekommerd wees nie, net die gelukkiges word oud.

Jou Buurman.

11 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    So oulik geskryf, Danie!

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Ek is bly jy glimlag.

      Like

  2. Toortsie says:

    Dink jy haar man sal weet? 😁

    Like

  3. Danie vir jou onthalwe hoop en nie die buurvrou waarna jy verwys is https://natasjafranzsen.wordpress.com/2018/07/05/verwonder/ nie!!

    Like

      1. Dan is jy in groot moeilikheid 🙂 Natasha ek sal jou help om hom uit te sort!

        Like

  4. woordnoot says:

    O vy….hier kom ‘n ding!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s