Blomme….31/08/2018

 

Ons karretjie is gelaai van voor tot agter, tot teen die dak. Ons het gevorder tot in Klerksdorp, skoonma opgelaai en toe die pad gevat na Kathu. In daardie dorp het ek my vrou 45 jaar gelede ontmoet. Bo-op die berg is die telefoon toring en die Redsands se ingangshek. So ‘n jaar of twee gelede ‘n lekker skool reunie daar gehad.

Ons is toe by die ou Sishen Ystererts myn veby waar ek 10 jaar gewerk het, en ek en my vrou ‘n hele paar jaar gebly het.

 

By Upington het my vrou die interesante boom langs die pad gesien en my gevra om stil te hou en ‘n foto te neem. By Upington het ek ook hierdie hengse hoe toring gesien. Kan iemand my dalk iets vertel van hierdie toring. Op ‘n wynplaas het ek hierdie ‘spookhuis’ raakgeloop. Ons het ook by die bekende Pienk Padstal vertoef en ek was vir ‘n wyle weer bankbestuurder. Verder deur Namakwa land was daar niks, alles 300mm hoog, eintlik dwing die natuur jou om verder as die draad langs die pad te kyk.

6 Comments Add yours

  1. travel460 says:

    Dankie Danie, ek reis heerlik saam deur julle oë.

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Hi Una, vandag reen dit en daar kan nie blomme gesien word nie. Nou loop ons maar tussen die winkeltjies.

      Like

      1. travel460 says:

        Dis ook lekker. Naby watter dorp is nulle?

        Like

  2. Danie Jonker says:

    ons is nou on Klawer en op pad na Yzerfontein en daardie plekke

    Like

  3. woordnoot says:

    Ek verlang na die Noord Kaap. Het eers in 2004 vir die eerste keer met daardie wêreld kennis gemaak. As ek vandag hoor ek kan soontoe trek, sal ek my meubels op ‘n kruiwa laai en soontoe loop!

    Like

  4. Danie Jonker says:

    Heng, ek het in die Noord Kaap, Kuruman, groot geword.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s