Ons skrywe word ‘n boek..

WP_20190301_19_20_41_Pro

 

Ek en my Buurvrou het ‘n droom aangepak en dit ‘n waarheid gemaak. Ek dink dit is iets wat baie mense nie regkry nie. Ons het begin om dinge wat in ons lewens gebeur in ‘n storie in te skryf. Natuurlik met baie stertjies en baie dae se lekker lag. Na ‘n glasie wyn het ons as huisvriende nog lekkerder gelag. Haar regte naam is Natasja Franzsen. Oeee..en sy kan so kwaad word as jy haar naam verkeerd spel. Julle weet, die “j” is nie ‘n “h” nie.

Ons het twee jaar aan hierdie “storie” van ons geskryf. Gedurig het die prentjies deur ons breine gehardloop. Ons het mekaar omtrent elke dag gewhatsapp om gedagtes uit te ruil. Baie dae het ek pak slae  gekry omdat sy nie kan “sien” wat ek skryf nie. Dan skryf sy weer en ek moet alles regmaak want sy kan nie spel nie….en…en…en oor kommas en punte worry sy glad nie, wat nog van sin konstruksies.

Nou is ons manuskrip al by die drukker. Op die agterkant van die boek is so ‘n storietjie van die skrywer (groot naam vir dit). Nou vra die drukker (ons noem dit maar die drukker) of ons nie saam op die foto kan verskyn nie. Nou moet julle weet ons het 2 aparte fotos vir die drukker gestuur. Nou hoe kry mens vir my en Buurvrou bymekaar. Ek woon in Kempton Park en sy in Kaapstad. Eerstens dink ons aan photoshop, maar ek sê vir my vrou dat ons al hierdie weke en maande se werk nie met ‘n “fake” foto kan laat gaan nie.

Julle moet weet om ‘n boek te skryf, wat nog van te laat publiseer, was een van my grootste drome. Eendag toe sê Buurvrou, toe ons so oor die goed praat, “Kom ons doen dit.” en n nou is ons sal so vêr…tot by drukker….en eintlik die foto storie.

Nou moet julle weet. Ek gaan nou vir Buurvrou vra om saam met my te “pose” vir ‘n foto. Eintlik was ek so bietjie bang. Intussen weet sy die boek is al by die drukker. Iets wat julle eintlik nie weet nie, sy is baie nuuskierig. So stuur ek ‘n boodskap die aand dat ek met haar dringend moet praat oor die publikasie van die boek. Nou dink ek sy gaan so nuuskierig word en aan my karring om haar te vertel. Niks!!! ek sê julle …..no response at all……. sy antwoord nie eens my boodskap nie.

Ek was net by die werk die volgende dag, en ek begin 6 uur in die oggende, toe ek die eerste…..hmmm,?…kry.  Nou bel ek later en begin nou verduidelik ivm hierdie foto sessie. Slaan my om met ‘n veer….ek moet haar nou ompraat dat sy saamstem of instem vir hierdie fotosessie. Nee wat, sy begin praat van ou tafels en inkpotte en ‘n veer in die hand…..die res kan julle seker raai?

 

 

 

 

 

 

 

6 Comments Add yours

  1. Toortsie says:

    Veels geluk met julle boek! Daag sy toe sommer daar by jou op, of wat? Verras sy jou toe?

    Like

  2. Danie Jonker says:

    Nee, sy is stil…….ek wag nog……

    Like

  3. travel460 says:

    Sy sal nog opdaag, Danie, hierdie is groot, jong. Baie, baie geluk!

    Like

  4. Danie Jonker says:

    Dankie Una, ek is al so opgewonde, ek kan nie meer wag om dit in my hande te kry nie.

    Like

  5. woordnoot says:

    Dis ‘n AMAZING oomblik, daai minuut as jy jou eie eerste boek in jou hande hou! Baie geluk!!! En die saam skryf is nog ‘n groter lekkerte!!

    Like

  6. Kameel says:

    Geluk….julle het vêrpad gekom. Net die laaste klip in die pad en daar gaan julle 😁

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s