Drank!!!

Jare gelede, baie lank terug, voel soos net na die vloed, het ek eendag met ‘n predikant gepraat ivm Spreuke 31 verse 6 en 7.

6  Gee sterk drank vir hulle
wat besig is om dood te gaan.
Laat hulle wat terneergedruk is,
wyn drink.
7  Laat hulle drink
om te vergeet
hoe arm hulle is.
Laat hulle vergeet
van hulle sorge.

Was ook maar nog jonk in die evangelie en het net begin leer van Jesus en Sy leerstellinge. Die gesprek het altyd in my kop vasgesteek en toe lees ek bietjie verder. In die afrikaanse bybels en verklarings wat ek lees is die idee wat ek kry is dat drank aan mense gegee moet word om van hulle sorge te vergeet. (Maar ook aan die mense wat besig is om dood te gaan)

King James

Lest they drink, and forget the law, and pervert the judgment of any of the afflicted.

Give strong drink unto him that is ready to perish, and wine unto those that be of heavy hearts.

Let him drink, and forget his poverty, and remember his misery no more.

Wat ek in die KJ (die Dakes Bybel) lees, verwys baie na wat met Jesus se kruisiging gebeur het. Die gedeelte het vir my die woord “judgment” ingebring. Mense wat gekruisig (mense wat klaar judgment ervaar het)  is, is sterk drank aangbied om verligting te bring oor die spanning wat in hulle heers. Die spanning, stres, word verdoof en Jesus het dit geweier met Sy kruisiging.

Die “idee” was altyd in my kop om dit vir armes te gee om hulle sorge te vergeet. (Wat ook waar is, lyk dit vir my) Dan het dit my altyd verwar as ek na die bedelaars by die verkeersligte kyk en sien wat drank aan hulle gedoen het. dan het ek altyd gedink….ek kan hulle mos nie nog drank gee nie?

Die tema of wat mens dit noem is blykbaar nie armes nie, maar eerder mense wat gekruisig (klaar ge-judge is) moes word.

Ons moet egter nie die dam onder die eend uitruk nie, daar is ander verse ook in die hoofstuk.

 

One Comment Add yours

  1. Kameel says:

    Nou laat jy my eers kopkrap. Ek verstsan van die gekruisigdes wat drank gegee word. Hoe dan nou met die armes?

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s