Beeste en Parras!!!

Miskien is ek bietjie bietjie op die verkeerde pad.

Ek lees van die Israeliete wat uit Egipte getrek het na al die plae. Kyk, die Egiptenare was nou al bietjie moeg vir al die plae. Dink net: Parras in jou bad. Parras in jou bed.

As jy jou vrou ‘n drukkie wil gee, is die parras tussen julle. Dit moes grillerig gewees het, veral vir die vrouens.

Toe sê die Faroa: “TREK!!!!! asb!!!! Vat julle goed en trek net!!!!”

Kyk nou die prentjie, Hier trek die Israeliete, vrouens, kinders, skoonseuns en skoondogters, die hele lot…en toe hulle deur die Rooi See is en na so baie “moan en groan” toe stuur God maar Manna en Kwartels. Het jy al gedink hoe het daai spyskaart gelyk?

Vandag is dit manna en kwartels, more is dit kwartels en manna. (Met sand of sonder sand)

En toe wonder ek wat het al die beeste en skape en DONKIES ge-eet?  Kyk, as jy ‘n donkie gehad het, was jy in die “pound-seats”! Het ek erens die diere (vee) verloor?

Help ‘n bietjie asb.

 

2 Comments Add yours

  1. Danie Jonker says:

    Ek het nogal gedink jy gaan vir my ‘n antwoord hê…………

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s