Waar bly jy?

Vandag het ek aan julle gedink en gewonder wat doen elkeen van julle. Toe het ek regtig begin wonder waar bly elkeen van julle. Soms is ek maar ‘n slegte leser en dan moet ek vinnig lees, want ons het mos nie tyd nie. Toe dink ek miskien moet ek in hierdie “lockdown” tyd begin om tyd te spandeer om uit te vind waar elkeen van julle bly. Tot my skande moet ek sê ek weet nie waar die meeste van julle bly nie. En daar waar jy nou is, gaan jy vir ‘n paar dae wees…so 21 dae as ek dit nie mis het nie. Hoe gaan die gesegde: “Gedink jy is al oud genoeg om nie gehok te word nie”…en toe is dit nie so nie.

Ons bly op ‘n plot in Bredell in Kempton Park. My een seun, Johan en sy gesin bly in een gedeelte van ons huis. Dan het ons ‘n ekstra huis waar Sarel en sy vrou Ansie bly met hulle baba van ‘n paar maande. Dan het ons ook ons tuinwerker en sy vrou en klein seuntjie gaan haal om hier te bly vir die 21 dae. Ons is in en die hek toegemaak. Ons sal seker maar hier en daar moet dorp toe om brood en melk en so aan te koop.

Ek en my vrou kan van die huis af werk. Die internet sukkel so bietjie met al die mense wat nou van die huis af werk, maar is ok. Ek glo met God se hulp sal ons oorwin. Maar daaroor ‘n ander dag.

Vertel bietjie van die plek waar jy bly asb.

8 Comments Add yours

  1. Una says:

    Ek glo jy en jou mense gaan ń goeie “lock-down” beleef, Danie. Veral as jy meer inloer!!

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Dankie, ek gaan probeer om meer in te loer. Ek het darem ‘n idee in watter dorp jy bly. Jy kan gerus ‘n foto of twee plaas sodat ek bietjie meer van julle huis en dam kan sien.

      Like

      1. Danie Jonker says:

        Ek weet ook jy droom baie oor ‘n sekere eiland.

        Like

      2. Una says:

        Ek doen dit een van die dae, Danie.

        Like

  2. dromer777 says:

    Bly in Klerksdorp maar moet steeds werk. Ons moet die boere se oeste ontvang en steeds mielies verskaf vir mieliemeel anders is daar groot opstande. Ek is 61 maar pleit die bloed van Jesus oor ek en my man.
    Kinders is almal in Gauteng.
    Geniet julle kinders daar.

    Like

  3. Danie Jonker says:

    Dankie vir die antwoord. Jy is nog jonk. Die lewe gaan nou eers interesant word. Ek werk ook nog en dit is deesdae ‘n voorreg om nog te kan werk.

    Like

  4. woordnoot says:

    Bredell!!!! Is gebore op plot 116 Bredell, 62 jaar terug. Bly tans is Pretoria, die noordekant. Is in die deel waar dit nooit regtig winter word nie.

    Like

  5. Danie Jonker says:

    Woordnoot…ek bly darem naby die plek waar jy gebore is. Ek mis ook daardie kant van Pretoria. Hierdie Bredell kan vrek koud word.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s