En hoe was dag Een?

Die antwoorde kom maar stadig ivm die “Waar bly jy”. Miskien het ek die laaste paar weke te veel ernstige boodskappe geblog. Soms is dit ook nodig.

My dag 1 is rustig verby. Ek het maar gesit en werk. My werkgewer het ons darem die voorreg gegee om van die huis af te werk m.a.w. ek is besig. Natuurlik het my vrou ‘n blik verf gaan koop (voor die Shutdown) om die slaapkamer se kleur te verander. Ek dink egter ook dis nodig.

Ons hoor baie boodskappe oor whatsap oor die virus en dit alles wil mens bang maak, veral as dit hier na my ouderdom se kant loer,  maar ons moet leer op volkome op God te vertrou en geen vrees in ons te hê nie. Daarmee sê ek nie ons moet stupid wees en alle veiligheidsreëls oorboord gooi nie. Daaroor het God al die gesondheidsreëls in die Ou Testament geplaas.

Julle moet ‘n rustige dag 2 hê en wees maar versigtig. Ons is NIE op vakansie nie, ons moet hierdie oorlog wen. Ons het nie ‘n keuse nie.

2 Comments Add yours

  1. Toortsie says:

    Ek kon rustig wees, lekker kank stiltetyd buite op die trappie in die son hou en God se kalmerende beloftes raaklees. Ek lees tans deur die Psalms en maak dit myne. Vanoggend was dit Ps 62 en 63. Net by God vind ek rus. Van Hom kom my redding. Hy is my veilige vesting. U is my hulp. U hand ondersteun my.
    Ons sal doen wat nodig is om onsself so ver as moontlik te beveilig. Ons bid dat ons nie reeds die virus opgetel het nie. Ons doen wat van ons verwag word. Wat egter ookal gebeur, voel ek rustig in die wete dat ek by God veilig is.

    Liked by 1 person

  2. Danie Jonker says:

    Dankie Toortsie, Soos jy sê, ons moet bid dat ons nie alreeds die virus het nie. Die mense praat so baie maklik oor Ps 91 en ek het bietjie gaan kyk wat staan alles in die Psalm. Sal more bietjie daaroor skryf as die Here wil. Lekker en veilige nag vir julle.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s