Die 3de dag….

Ons was by die huis,,,,,waar anders.

Ek het vandag saam met my seun, Johan, met sy boog geskiet. Dit is die eerste keer dat ek regtig boogskiet. Dit was nogal lekker. My seun het gehou van boogskiet al van jongs af. Ons het vir hom ‘n boog gekoop toe in die hoërskool was. In daardie jare het ek net begin kontrakwerk doen en moet baie ure werk om net ons gesin en finansies weer aan die gang te kry. Ek en my vrou het ‘n groot verandering aangepak. Ons het na Johannesburg getrek agter werk aan. Julle moet weet, ons het van ‘n klein plattelandse dorpie gekom. Die verandering was groot, ‘n geweldige aanpassing.

Johan het later sy boog verkoop toe hy getroud is. Toe ons vandag so skiet hier op die plot, het ek tot die besef gekom dat ek nooit eers regtig saam met hom sy boog geskiet het nie. Net gewerk en gewerk en gewerk.

So sal die “21 dae” ons ‘n paar dinge leer.

5 Comments Add yours

  1. Una says:

    Ons leer almal, Danie, en dis goed so.🌸

    Like

  2. Danie Jonker says:

    Jip, maar soms ……maar ons kan nie die tyd terug draai nie.

    Like

    1. Toortsie says:

      Ons kan nie die tyd terugdraai nie, dit is waar, maar ons kan probeer om die tyd vorentoe ten goede te benut en dit is presies wat jy nou doen. 🙂

      Like

  3. Toortsie says:

    Ag, dit klink sommer baie goed. 🙂

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s