Ek wonder oor vanaand.

Ek sit en kyk by die venster uit. DSC_0001[1]

Dit is my nuwe kantoor. Met hierdie “Lock-down” het ek darem die voorreg om van die huis af te werk. Dink dis ‘n voorreg wat baie mense het en ook baie wat dit seker nie het nie. Die beligting deur of voor die venster wil nou nie van die beste werk nie. Dan is die kamer te donker en dan is die gras te wit. Ek wou sommer ‘n foto met my selfoon neem, maar moes later my kamera gaan haal.

Die dag toe ons deur die werkgewer gevra is wie van die huis af kan werk, het die meeste mense positief geantwoord. Natuurlik moes ek en my vrou maar meubels bietjie rondskuif. Ek sit en werk in die kamertjie langs die kombuis waarin ons yskaste en vrieskaste staan, maar ek het ‘n goeie “view”. Ek kyk op ons tuin uit op die voorkant van ons huis.

Vandag is Dinsdag, 21 November 2020, en die Staatspresident gaan vanaand, volgens die koerant,  ‘n paar afkondigings doen ivm die huidige “lock-down”. Ons wag angstig om te hoor wat hy gaan vertel. Daar is sekere verslapings in die huidige stelsel lees ek in die koerant. ‘n Verlenging van die huidige “lock-down” kan dalk ook verwag word. As ons na die infeksie syfers kyk, kan dit moontlik gebeur.

Ek kyk na mense se skrywes op sosiale media en ook in die koerant, en sien mense wat so vreesbevange is, hulle maak hulleself eintlik bang. Dan sien ek ook mense wat veronderstel is om eintlik iets te weet van die lewe, dan raak hulle die grootste klomp twak kwyt, Miskien kan ek bietjie  more daaroor skryf.

Lekker dag vir julle.

5 Comments Add yours

  1. maryannejonker says:

    Mmmmm ek wonder ook oor vanaand .. 21 November 2020 …. het jy in ‘n tydmasjien geklim ek is nog nie daar nie. LOL

    Like

  2. Danie Jonker says:

    Weet nie hoekom ek November geskryf het nie…

    Like

  3. Dag jy het aspris 21 November geskryf – dit voel nogal so, ne?

    Like

    1. Danie Jonker says:

      Ja Tannie Frannie, dit voel al of ons daar is.

      Liked by 1 person

  4. Toortsie says:

    Ai, niemand weet eintlik wat die regte antwoord is nie.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s