Maandag – koud, bewolk met reen.

20200427_151650[1]

Dis nie ‘n baie lekker dag nie. Dis bewolk en koud. Die uitsig hier by my kantoor se venster is nie van sonskyn nie…en ek dink…….

Ek lees in die koerant van die Staatspresident se afkondigings ivm “level 4” en die mense se reaksies en ek sien iets wat my aandag trek.

Die meeste insetsels (of wat noem ons dit) op “facebook” is grappies van mense wat te vet word in hulle huise. Sommige wil nou die regering aanvat omdat hulle nie kan gaan “gym” nie. Natuurlik is daar ook insetsels van mense wat planne maak en al om die huis draf, daar is genoeg oefeninge wat op die sosiale blaaie te voorskyn kom, Genoeg om ‘n verskeidenheid keuses te maak om jou liggaam goed te doen.

Toe lees ek ‘n artikel raak van mense wat by die huis sit en nie kos het om te eet nie. Eintlik weet ons almal al van die mense van die begin van die “lock-down” af. As julle bietjie gaan rond krap in die koerante, sal julle dit maklik kry. Ons kerk het ‘n program op die been gebring om sulke mense te help. Maar die ding het my eers vandag mooi getref toe ek die hoeveelheid mense in die bevolking sien wat honger is. En toe weet ek nie of ek moet skuldig voel of die Here moet prys nie? Ek en my huis is geseend. Ons het genoeg geld en genoeg kos. Ons huis is warm en het ‘n dak. Ons grond is groot en mens kan ‘n paar kilometer draf al in die rondte.

Die verskil in…..ons het nie kos om te eet nie…….en……ons word nou so vet ons weet nie hoe ons uit die huis gaan kom nie…….is darem baie teenstrydig. Ek weet dit is die ou redenasie van arm en ryk. Ons is nou nie ryk nie, wat ook maar ‘n reletiewe begrip is.

Ek weet eintlik nie mooi wat ek wil se nie, al wat ek weet daar is op die oomblik, baie mense wat nie kos het nie.

Weet ons regtig hoe geseend ons is?

20200427_102823[1]

Ek het ‘n lekker gesonde ontbyt gehad.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s