Hoe breek jou Dag?

DSC_0007[1]

Ek het hierdie foto vanoggend geneem toe ek voor my rekenaar gesit en werk het. Die venster se uitsig is daar waar die son opkom. Ek sien dus elke nuwe dag so breek. Miskien nie almal nie, maar baie. Iets wat ek deesdae opmerk is dat mense ook profeties fotos neem. Ek sien dit in die gemeente waaraan ons behoort en hulle skilder ook profeties. Baie interesant.

Hierdie foto het ek so bekyk en gedink dit is tegnies (fotografies) seker nie ‘n goeie foto nie.

Hoekom BREEK die dag?

Hoe het jou dag begin……en hoe loop dit nou?

Sien ek en jy net die swart………of sien ons die lig deurbreek? Die lig wat deurbreek gaan later al die donkerte verdryf.

As ons in ‘n moeilike plek in ons lewe is, sal die lig sal deurbreek.

Hoekom sê ek so?

Jesaja 58:8…….Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan….jy hoef dus nie bang te wees nie.

3 Comments Add yours

  1. Una says:

    Dankie vir die bemoedigende skrywe, Danie.

    Like

  2. Danie Jonker says:

    Plesier. Lekker slaap.

    Like

  3. woordnoot says:

    Dankie Danie….my dag breek elke dag op n ander manier

    Like

Leave a reply to woordnoot Cancel reply