Om te skryf. 07/09/2016

Hi Julle,

Ek loer op almal se blogs want ek sien julle skryf iets oor skryf. Sommige van julle laat weet dit rol sommer so uit julle koppe uit. Toe dink aan my pa in sy kantoor, baie jare terug.Hy het so ‘n masjien gehad wat jy so ‘n slinger draai en dan spoeg die was papier wat nog op ‘n tikmasjien getik was, die velle gedrukte papier uit.

Daar was nog so ‘n buise met sulke dik swart ink wat jy op die rol gesmeer het.

Nou gee ek seker my ouderdom weg.

Ek werk aan werkstukke waarvoor ek ingeskryf het om bietjie my Afrikaans te “upgrade”. Maar ek is meer op my blog en in die storie wat ons skryf as in die werkstukke.

Hang seker af wat  my brein aktiveer.

Ek kan nie beweer die boek skryf is vir my maklik nie. my vriendin wat help, praat soos julle. Die woorde rol sommer so by haar kop uit. Ek moet Dana Snyman aanhaal. Om sommer ‘n klein stukke te skryf is ‘n moe….job.

Maar dit bly lekker. My kop is heeldag in hierdie boek. Dan worstel ek met hierdie ding of daardie ding. …en die vriendin se frustrasie bou op, maar ons vorder.

Julle moet lekker skryf, laat dit uitrol, ek lees lekker.

Dankie

 

2 Comments Add yours

  1. Skryf is soos medisyne vir sommige mense se hormone, feromone, demone, issues, bedonkerdgeit! Dit sit jou in iemand anders se skoene en jy kan besluit of dit n happy einde gaan wees of sad. Jy kan die karakter se emosie bepaal en soms steek jy jou eie emosie weg agter die karakter sin. Lekker werk aan jou Upgrade…ons gaan dit nodig he!

    Liked by 1 person

  2. Toortsie says:

    Skryf is verslawend, dis al wat ek weet.

    Like

Leave a comment